Olimpiese Somerspele 1900

Spele van die IIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1900

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 24 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 997 (975 mans, 22 vroue)[1]
Items 95 in 19 sporte[2]
Openingseremonie 14 Mei 1900
(geen openingseremonie)[3]
Sluitingseremonie 28 Oktober 1900
(geen sluitingseremonie)
Amptelik geopen deur Alexandre Millerand
(Beskermheer)
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1896: Athene (Griekeland)
Volgende Spele 1904: St. Louis (VSA)

Die Olimpiese Somerspele 1900 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1900), amptelik bekend as die Spele van die IIde Olimpiade, is in 1900 in Parys, Frankryk, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou.[4] Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in Griekeland te laat plaasvind, besluit die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.

Opening van die wêreldtentoonstelling op 14 April 1900 in Parys

In teenstelling met die Olimpiese Somerspele 1896 was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wêreldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports ("Internasionale kompetisies vir Liggaamlike Opvoeding en Sport") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.

  1. "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  2. "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 2 Maart 2018.
  3. "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF) (in Engels). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 2 Maart 2018.
  4. "Past Olympic host city election results" (in Engels). GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 2 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search